‘n Stem uit die stilte!
Dankie, Wipneus en Jenny, dat julle my onthou en herinner… Ek is nou weer by die huis en verbreek gou die stilte.
Mense is altyd propvol voornemens hierdie tyd van die jaar. Wel, ek het maar een. En dis een van lewenslange duur. Nee, dis nie gewig verloor nie, of enige van die ander wat almal al op een of ander stadium op hul lysie gehad het nie.
Dis om my man en sy seun lief te hê. En nie omdat ons weer probeer werk aan ons huwelik nie….. Sien, ons is op 3 Januarie getroud. En die beloftes wat ek op díe dag voor God en al die getuies gemaak het, is ernstiger as enige “nuwejaars voorneme” wat mens gewoonlik bedink.
En die nuwe dinge? ‘n Man, ‘n seun, ‘n nuwe land, ‘n nuwe werk, nuwe vriende…. Niemand kan my daarvan beskuldig dat ek dinge half doen nie. Soms wens ek egter dat ek minder avontuurlustig was en dinge ‘n bietjie meer soos ‘n normale mens wou doen; net so ‘n bietjie minder uitdagings op ‘n slag aanpak. Maar dan was dit ook nie meer ek nie. Of so sê die wat my al ‘n rukkie ken.
Maar een iets bly konstant. En sal altyd dieselfde in my lewe bly – God. Jaar in en jaar uit. In watter situasie of land ek myself ookal bevind. God se teenwoordigheid in my lewe en my afhanklikheid van Hom is die enigste konstante wat ek nodig het. En solank ek aan God vasklou sal ek my beloftes van die 3de kan nakom.
Januarie 22, 2009 at 2:20 nm
Daar is lewe!!!!! Welkom terug, my dierbare vriendin!
Dis goed om jou weer hier raak te lees, en dit was goed om weer jou stem te hoor (al was hy nie heeltemal homself nie, en al was dit net oor die telefoon)
Weer eens, Baie Baie Geluk aan jou, en hubby, en seunskind! Mag dit met jou en jou nuwe familie sommer baie goed gaan!
Nou is daar nog net een ding missing: die fotos! toe, toe, roer jou, ek en wippie wag al laaaank!
Januarie 31, 2009 at 11:05 vm
Oh South Africa, how I miss thee. I haven’t even tried to register my marriage there yet… It was hard enough and a long enough wait just for them to send through the one fax we needed to get married in Korea. One fax that said I wasn’t married back home. It took 2 months with loads of chasing.
We’ll get Canada to issue a marriage certificate if needed, but for the moment, I’m not considered married at home. They won’t put Virginia’s name on the roll anyway, because we were’nt married there, and I will be listed as foreign married. Legally I have no idea what this means… but for the moment I’m ignoring the red-tape by ignoring the problem. The UAE is happy that we’re married, as is Canada, as are we. That’s fine by me.
I hope that things get sorted out on your side asap, as there’s a lot you can’t do until SA get there bums in gear it seems.
I also feel like I’m doing the honeymoon bit and it’s neverending. Just so much happiness around. Oh and another thing we have in common. I’m a househusband for the next while too
Take care
February 27, 2009 at 8:43 nm
Jammer ek het so lank laas hier ingeloer!!!
Ek hou van jou nuwejaarsvoorneme!
Mag dit baie goed gaan met jou!
En ja met jou hand in God sin is alles goed en wel!!!