O griet, ek was heeltemal te lanklaas hier!  Alles het van taal verander.  Ek sien dis nou Engels en (ek neem aan) Afrikaans deurmekaar, want Nederlands lyk nie so normaal nie.   Ja, ek het nog nie eens Nederlands begin studeer nie, en ek raak klaar deurmekaar met die 2.  Aai tog.

Wel, ek was so stil, want ek het werk gekry.  En hoewel ek nie elke dag werk nie, is dit redelik fisies, so ek het maar gewoonlik herstel op my af dae.  En ons was met vakansie.  En dinge gaan nie beter word nie, want volgende week begin ek studeer.  UITEINDELIK!